air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
DAG 1
Ons vertrek na Lanseria Lughawe vir ons vlug na Kaapstad. Vanaf Kaapstad reis ons met die bus en volg die N2-snelweg oor Sir Lowreyspas. Ons reis deur die groot dorpe in die Overberg soos Grabouw, Botrivier en Caledon. In Caledon draai ons weg en besoek Genadendal waar ons op ‘n begeleide toer deur die dorp gaan. Hier eet ons middagete en reis dan verder na Greyton! Hierdie dorp met sy boomryke strate en grondpaaie, het 'n kalmerende uitwerking op ons stedelinge. Baie rose, toegegroeide tuine en vrugtebome gee 'n landelike sjarme aan die dorp. Ons gaan voort na Riviersonderend, Bonnievale en dan na Robertson. Van hier ry ons deur die Cogmanskloof met sy pragtige ruwe rotsformasies na Montagu. Aandete en oornag Montagu.
DAG 2
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Proteaplaas waarvandaan ons ‘n asembenemende rit met ‘n trekker en sleepwa gaan beleef. Dit is ‘n ongelooflike rit wat mens neem tot hoog in die Langeberge waar mens die mooiste uitsig het oor die Koovallei. Bo-op die berg vier ons ons aankoms met ‘n glasie sjerrie en smul ons aan die lekker droëvrugte. Vir middagete smul ons aan ‘n heerlike vyfster potjiekosete wat bedien word onder die bome. Tradisionele kos soos soetpatats, kerrie afval, tamatiebredie, tuisgebakte brode en konfyt is op die spyskaart! Ons maak ook ‘n draai by die droëvrugte padstal en die bus kreun onder al die lekkernye wat ons koop! Aandete en oornag Montagu.
DAG 3
Vandag ry ons in die rigting van die geskiedkundige Swellendam en van daar af in die rigting van Malgas waar ons die enigste rivierpont wat steeds in gebruik is in Suid-Afrika, besoek. Vir 'n donasie neem hulle ons met die pont oor na die anderkant van die rivier en weer terug. Dis nogal ‘n ervaring! Van hier neem ons die pad na Waenhuiskranswat ook bekend is as Arniston, een van die min dorpe in Suid-Afrika met twee name. Aandete en oornag Waenhuiskrans.
DAG 4
Na ontbyt neem die bus ons na die naaste punt waarvandaan ons begin stap vir ‘n besoek aan die bekende grot by Waenhuiskrans wat slegs toeganglik is wanneer dit laagwater is. Ons het verder ‘n rustige dag en geniet die omgewing. In die namiddag besoek ons Kassiesbaai. Hierdie vissersdorpie is in sy geheel tot ‘n Nasionale Monument verklaar, ons leer meer van die interessante mense wat daar bly en ons besoek hulle werkswinkel en teehuis. Aandete en oornag Waenhuiskrans.
DAG 5
Ons eet 'n lekker ontbyt en vertrek daarna na Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Suid-Afrika, waar die twee oseane ontmoet. Ons bly vir 'n rukkie en neem mooi foto's van hierdie historiese plek, ons gaan dan na die interessante ligtoring. Van hier vertrek ons in die rigting van Hermanus. Ons loop op die hout wandelpaadjie langs die see op soek na walvisse wat hoog uit die water spring! Aandete en oornag Voëlklip.
DAG 6
Na ontbyt vertrek ons na Hermanus, besoek die Walvis museum, en spandeer tyd in die dorp met sy interessante winkels. Behalwe vir fynbos, is Hermanus wêreldwyd bekend vir sy walvisse en staan bekend as die walvisbesigtiging hoofstad van die wêreld! Die rede hiervoor is dat die kuslyn baie klipperige is en daarom ideale uitkykpunte verskaf. Hermanus het selfs sy eie "Whale Crier" - die enigste een in die wêreld! Jy kan op 'n opsionele bootrit die walvisse van nader gaan besigtig - dis ‘n belewenis! Ons doen ook inkopies in Hermanus se winkels! Aandete en oornag in Hermanus.
DAG 7
Na ontbyt ry ons al langs die kus na Kaapstad. Dit is ook een van die mooiste see roetes in die land. Ons ry deur klein dorpe soos Onrusrivier, Vermont, Hawstone, Kleinmond, Bettiesbaai, Rooiels, Gordonsbaai. Ons kom in Kaapstad aan en besoek die Waterfront. U kan ‘n opsionele besoek bring aan die Two Oceans Akwarium indien u nie na die Waterfront toe wil gaan nie. Aandete en oornag Kaapstad.
DAG 8
Na ontbyt besoek ons Tafelberg met die kabelkar. Ons verlustig ons in die mooi uitsig en die pragtige struike! Hierna vertrek ons na Houtbaai. Ons gaan op ‘n bootrit na Duikereiland om die robbe te sien. By ons terugkeer eet ons heerlike vis en skyfies by Mariners Wharf! (eie koste). Ons maak ook ‘n draai by Mineral World. Aandete en oornag Kaapstad.
DAG 9
Na ontbyt besoek ons die Kompanjiestuine en die Museum. Indien daar ‘n vertoning is by die Planetarium sal ons dit ook bywoon! Ongeveer 12.30 nm vertrek ons na die lughawe vir ons vlug terug na Lanseria. Ons arriveer en vertrek met ’n bus terug na Pretoria met wonderlike herinneringe aan al die besondere plekke wat ons besoek het en al die wonderlike dinge wat ons beleef het!
Toer datum | 8 - 16 Oktober 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R12750 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R2000 |
1. Trekkerrit - Langeberge
2. Malgasrivier pont
3. Waenshuiskrans grot
4. Kaap Algulhas - waar twee oseane bymekaar kom
5. Hermanus - Walvismuseum en walvisse
6. Kaapstad en Tafelberg
7. Houtbaai
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies