air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
DAG 1
Ons vertrek om 06:00 vm vanaf die Garden Court Hotel, Hatfield hoek van Pretorius en Endstrate. Ons roete neem ons op die N3 tot by Villiers, Warden en Harrismith. Hier swaai ons weg in die rigting van die Drakensberge. Ons gaan tuis by Drakensville, ‘n ATKV oord waar ons vir die volgende 2 nagte oornag. Hierdie oord is in die Noordelike Berg geleë met ‘n wonderlike uitsig. Vir die res van die middag ontspan en geniet ons die oord, sy warm swembad en sy mooi omgewing. Aandete om 19:00. Ons leer mekaar ken en kuier lekker saam. Aandete en oornag Drakensville Oord.DAG 2
Vanoggend doen ons ‘n kort staproete by die Royal Natal Nasionale Park. Hierdie pragtige roete eindig by ‘n waterval. Die toerlede wat nie saam stap nie, kan by Drakensville bly of slegs ‘n kort entjie stap en dan terugkeer na die bus. Ons stop by die Mont-Aux-Sources Hotel of ‘n soortgelyke plek vir ‘n ligte middagete (eie koste). In die namiddag besoek ons die Hidro-elektriese kragstasie waar ons deur ‘n plaaslike gids meer vertel word oor die projek. Ons kyk ook na ‘n video en besoek die ondergrondse tonnels. Hierdie is ‘n baie interessante projek. Wanneer daar, tydens die winter of ‘n koue front, ‘n groter aanvraag na elektrisiteit ontstaan, word die turbines aangeskakel en binne ‘n paar minute word water vanaf die Driekloofdam, deur tonnels en deur die hidro-elektriese kragopwekkers gestuur, waarna die water na die Kilburndam loop. Die krag wat hierdeur opgewek word, is onmiddellik beskikbaar in die nasionale netwerk en dus kan daar in die groter behoefte voorsien word. Aandete en oornag Drakensville Oord.DAG 3
Na ontbyt vertrek ons na die Sentrale Berg wat deel is van die uKhahlamba Drakensberg wat op 29 November 2000 tot Wêreld Erfenis Gebied verklaar is. Daar is meer as 600 rotstekeninge in hierdie gebied. Op ons roete besoek ons die Matwewers en kersmakers. Hier kan ons ook sien hoe maak hulle die kerse. Ons besoek Thokozisa, waar daar ‘n verskeidenheid van interessante winkeltjies is. Ons woon vanmiddag die Drakensberg Seunskoor se gesogte uitvoering by. Hierdie uitvoering vind plaas in die Auditorium van die skool. Daar is sitplek vir 600 mense en dit is in 1995 gebou. Die Drakensberg Seunskoor is in 1967 gestig en het begin met 20 leerlinge wat hand uitgesoek was. Tans is daar ongeveer 100 leerlinge tussen die ouderdomme van 9 en 15 jaar. Die koor het al opgetree in Amerika, Europa en in ‘n hele aantal Afrika lande. Aandete en oornag in die Sentrale Berg.DAG 4
Na ‘n heerlike ontbyt besoek ons Scrumpy Jack’s Bees om meer te leer oor bye en hulle gewoontes. ‘n Glas byekorf word ook besigtig. Om 11 uur woon ons ‘n roofvoël vertoning by! Die vertoning vind plaas in die opelug en die uitsig oor die Champagne Vallei is ongelooflik mooi! Ons groet die Sentrale Berg en vertrek na die Suidelike Berg. Ons roete neem ons deur plekke soos Estcourt, Howick, Mooirivier, Boston, Bulwer, Himeville, Underberg tot by Sanipas waar ons oornag. Laatmiddag ontspan ons en geniet ons die omgewing. Aandete en oornag Sanipas Hotel.DAG 5
Vandag is een van die hoogtepunte van ons toer wanneer ons met 4 x 4 voertuie die Sanipas aandurf. Die Sanipas is die toegangsroete na “Die dak van Afrika”. Ons handel die doeane prosedures af en vertrek dan met die kronkelende pad dieper in Lesotho in. Die Sanipas was eers ‘n moeilike bergroete waarlangs smouse uit Basutholand wol en sybokhaar op donkies en muile vervoer het om dit te kom verruil vir komberse, klere, mieliemeel en lewens noodsaaklike items om te oorleef in die afgesonderde bergwêreld van die destydse Basutholand. Ons besoek ook ‘n kultuurdorp bo-op die berg. U het geleentheid om middagete te eet in die kleinste kroeg in Afrika by Sanipas. Aandete en oornag in die omgewing van Underberg.DAG 6
Vroegoggend, na ontbyt, vertrek ons en reis deur die Middellande wat baie herinner aan Skotland. Ons besoek ‘n oulike padstal. By Van Reenen besoek ons die kleinste Rooms Katolieke Kerkie in die wêreld wat opgerig is deur ‘n vader ter nagedagtenis aan sy seun wat oorlede is in ‘n rotsstorting. Hy het 8 mense gered na die eerste rotsstorting voordat hy in die tweede rotsstorting omgekom het. Hierdie kerkie het net 8 sitplekke! Ons arriveer in Pretoria ongeveer 17:30, met baie mooi herinneringe aan hierdie mooi deel van ons land. Ons hoop dat hierdie voorsmakie u sal aanspoor om saam te toer. Ons sien uit daarna om u saam te neem op ons toer na die ongelooflike Drakensberge!Toer datum | 23 - 28 Mrt 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R8750 per persoon wat deel |
Enkelbybetaling | R1590 per persoon wat nie deel nie |
Deposito | R2000 |
1. Drakensberg Seunskoor
2. Didima Rotskuns Sentrum
3. Royal Nasionale Park
4. Drakensberg Erfenisgebied
5. Kleinste Kerk in die Wereld
6. Sani Pas 4x4 rit
7. Weggesteekte kragstasie
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies