air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
‘n Wonderlike toer na een van die mees gewilde bestemmings in Afrika waar ons die migrasie van miljoene wildebeeste en zebras beleef. Hulle word gedryf deur die drang van voortbestaan in hulle soeke na weivelde en water wat in hulle behoeftes kan voorsien om sodoende die spesie se besondere voortbestaan te verseker. Hier sien jy die grootste migrasie van zebras en wildebeeste. Die veld is pragtig en om so in die hartjie van die natuur te wees, kan net goed wees vir die siel.
DAG 1 – OR TAMBO - NAIROBI Ons vertrek vanaf die O.R Tambo Lughawe vir ons vlug na die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe in Nairobi, Kenia. Ons word vervoer na ons hotel wat geleë is in ‘n stil voorstad van Nairobi en wat uitkyk oor die Kenya Nasionale Teater, asook die hoofstad Nairobi. Aandete en oornag Nairobi. DAG 2 - NAIROBI Ons toergroep word op die lughawe ontmoet en vervoer na ons hotel waar ons tuisgaan vir die aand. Na ontbyt vertrek op ‘n stadstoer, besoek die Kameelperd sentrum en die bekende Carnivore restaurant. Die restaurant word gereken as een van die beste in Afrika – gebraaide eksotiese vleis wat oor die kole gaargemaak is en by ons tafel gekerf word. Heerlike bykosse, nagereg en egte Keniaanse koffie rond die feesmaal af! Die restaurant is in ‘n tropiese tuin en die diens en dekor is uitstekend! Oornag Nairobi. DAG 3 – NAIROBI – LAKE NAKURU Na ontbyt vertrek ons na die Nakuru Nasionale Park waar ons met ons aankoms betyds is vir ‘n heerlike middagete. Na middagete verken ons die omgewing tydens ‘n wildsbesigtigingsrit en die kans is goed om die Groot Vyf te sien: leeus, olifante, renosters, buffels en die ontwykende luiperd! Aandete en oornag. DAG 4 – NAKURUMEER – MAASAI MARA Na ‘n heerlike vroeë ontbyt vertrek ons na die Groot Skeurvallei en arriveer vir middagete by Masai Mara. Die Masai Mara Nasionale Reservaat is Kenia se beste wildsreservaat. Alles van die reservaat is uitstaande – die wild en voëllewe is volop en die welige grasvlaktes verseker dat daar altyd diere te sien is. Daar is meer as 450 voëlspesies in die reservaat waarvan 57 roofvoëls is. Die klimaat is gematig en kry goed verspreide reën deur die jaar. Dit reën gewoonlik laatmiddag of gedurende die nag. Oppad na die Skeurvallei sien ons die indrukwekkende Longonot, Margaret en Suswa gebergtes. Die meer is bekend vir sy groot getalle flaminke wat ‘n pienk skynsel verleen, met al die flaminke op die water. Na ‘n heerlike middagete, is ons verfris en gereed vir ‘n wildrit in die park waar groot getalle waterbokke, rooibokke, buffels en renosters te siene is. Hierdie is die plek waar jy die beste kans het om ‘n luiperd te sien! Aandete en oornag. DAG 5, 6 & 7 – MASAI MARA NASIONALE RESERVAAT
Vanoggend vertrek ons dou voor dag op ‘n wildsbesigtigingsrit. Na die uitstappie keer ons terug vir ontbyt en ontspan die res van die oggend in die kamp. Die belewenis van die Maasai Mara dra by tot die oormaat van rustigheid in mens se gemoed en dankbaarheid vir die voorreg om hierdie mooi natuur te kan beleef. Hierdie ruskans is dan ook die geleentheid om op die opsionele luballon vaart te gaan wat reeds 05:00 vertrek van die kamp af. Na ‘n heerlike middagete neem die safari voertuie ons weer vir wildsbesigtiging tot die son sak ook die indrukwekkende Masai Mara! Aandete en oornag. DAG 8 – MASAAI MARA - VERTREK
Vanoggend geniet ons vir oulaas ontbyt in die Masai Mara Reservaat en daarna reis ons na Nairobi waar ons laatmiddag arriveer. By Pampa Grill Restaurant het ons ‘n afskeidsete en daarna word ons na die lughawe geneem vir ons vlug terug na Suid-Afrika.
Toer datum
3 - 9 Augustus 2020
Vertrekpunt
Garden Court Hotel Hatfield
Vertrektyd
06h00
Prys
POA
Enkelbybetaling
POA
Deposito
POA
1. Groot Skeurvallei
2. Nakuru Meer
3. Wildsbesigtiging Masai Mara
4. Migrasie van wildebeeste en zebras
5. Ete by Carnivore restaurant
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies