air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
Die Nasionale Kruger Park is een van die heel belangrikste toeriste bestemmings in Suid Afrika en een van die bekendste wildreservate ter wêreld! Dit beslaan byna 20000 vierkante kilometer (‘n gebied byna so groot soos Wallis) en huisves ‘n groot verskeidenheid natuurlewe, insluitend Afrika se beroemde “groot vyf” en meer as 140 ander soogdierspesies.
DAG 1
Vertrek vanuit Pretoria en reis met die N4 verby Bronkhorstspruit, Witbank, Middelburg, Belfast, Machadodorp. In Nelspruit - doen ‘n kort staproete deur die Botaniese tuin, ons stop ook by Hall‘s se padstal, reis verder deur Witrivier, proe lemoenwyn en dan verder na Hazyview. Aandete en oornag Hazyview.
DAG 2
Na n vroeë ontbyt gaan ons in by die Phabeni Hek en ry in die rigting van Skukuza en besoek die ruskamp asook die museum wat ‘n baie interesante uitstalling het van verskeie fetusse van diere en die geskiedenis van die wildtuin word uitgebeeld met fotos. Daar is ook verkeie fotos van oorstromings in die wildtuin. Ons reis verder na Onder Sabie waar ons middagete kan eet en dan keer ons terug na Skukuza deur die Phabeni hek. Aandete en oornag Hazyview.
DAG 3
Vandag begin ons vroeg en ons neem ‘n ontbytpakkie saam met ons. Ons vertrek uit Hazyview en ry in die rigting van Onder Sabie met die agterste pad na Tshokwane, terug na Skukuza & uit by die Phabeni hek. Aandete en oornag Hazyview.
DAG 4
Vandag gaan ons in by die Kruger Hek en ry in die rigting van Tshokwane en daarvandaan na Satara, terug via Skukuza en uit by die Phabeni of Krugerhek. Hierna keer ons terug na ons lodge in Hazyview. Aandete en oornag Hazyview.
DAG 5
Na ontbyt vertrek ons in die rigting van die Graskop en besoek African Silk. Ons reis in die rigting van Sabie, waar ons die Houtmuseum besoek. Voort na Lydenburg via die Longtompas en Dullstroom. Ons stop by Dullstroom en geniet die plek met sy baie winkels en restaurante. Hiervandaan verder via Belfast in die rigting van Pretoria. Ons arriveer in Pretoria om ongeveer 17:00 – 17:30 met mooi herinneringe aan die pragtige natuur en die atmosfeer van die Kruger Park!
Toer Datum | 4 - 8 Mei 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R6855 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R2000 |
1. Nelspruit Botaniese Tuin
2. Wildsbesigtiging
3. Skukuza, Laer Sabie, Tshokwane, Satara
4. Longtompas
5. Dullstroom
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies