air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
Die Lady Grey Passiespel, ‘n jaarlikse produksie, wat Jesus Christus se geboorte, lewe, leiding, kruisdood, opstanding en Hemelvaart uitbeeld, word hierdie jaar vir die agtiende agtereenvolgende jaar aangebied. Hierdie gesamentlike projek van die Lady Grey Kunste-Akademie, die NG-Gemeente en die groter gemeenskap van Lady Grey het ten doel het om die Evangelie op unieke en spesiale wyse te verkondig. Wat die Passiespel so uniek maak is die kombinasie van verskeie kunsvorme om die verhaal van Jesus oor te dra. Drama en toneelspel maak uit die aard van die saak ‘n groot deel uit van die verrigtinge, maar dit is nie al nie.
Die Altech Konsertkoor maak ‘n prominente deel uit van die naweek se program en sing verskeie bekende geestelike en ander gepaste koorwerke, waaronder Handel se Hallelujakoor, klassieke en moderne koorwerke. Klassieke ballet en moderne danse maak verder deel uit van die vertelling, terwyl beeldende kunste deurlopend aangewend word om die tema en emosies rondom Paasfees te versterk. Die drie-dae-lange produksie, met ongeveer 160 akteurs en verskeie dansers, vind jaarliks gedurende die Paasnaweek plaas en word op verskillende plekke in die skilderagtige dorpie opgevoer. Al die akteurs, onder wie leerders van die Lady Grey Kunste-Akademie, onderwysers, boere, pensionarisse, sakemanne en vele ander “gewone” mense, is almal lede van die gemeenskap van Lady Grey.
Die Passiespel begin om 14:00 op Goeie Vrydag en duur tot en met die Opstanding en Hemelvaart op Paassondag. Besoekers word aangemoedig om volgens ‘n Bybelse tema aan te trek en deel te vorm van die gebeure gedurende die naweek. Indien u verkies om net gewone klere te dra is dit ook reg. Die Passiespel in Lady Grey is ‘n wonderlike geestelike ervaring wat ‘n mens nie onaangeraak laat nie. Die opvoering se teks is in engels – baie verstaanbaar en aangrypend.
DAG 1
Ons vertrek om 06:00 vanaf die Garden Court Hotel, hoek van Pretorius- en Endstrate. Ons reis met die N1 deur Kroonstad en Bloemfontein. By Bloemfontein swenk ons weg in die rigting van Aliwal Noord en daarvandaan in die rigting van Lady Grey. Lady Grey is ‘n skilderagtige dorpie wat geleë is in die Oos-Kaap, aan die voet van die Witteberge, ongeveer 300 km vanaf Bloemfontein in die rigting van Aliwal-Noord. Baie van die dorp se inwoners is op die een of ander manier betrokke by die opvoering. Die Passiespel word so aangebied dat daar ook geleentheid is om saam met die kunstenaars deur die dorp te beweeg en sodoende raak u deel van die opvoering.DAG 2, 3 en 4
Die verrigtinge begin Vrydag om 9 uur met ‘n Erediens in die NG Kerk. Na 'n heerlike ontbyt vertrek ons na die kerk vir die erediens. Die Passiespel begin om 14:00. Tussen die oggend, laatmiddag en aand sessies sal ons ons tyd verwyl by The Market Place. Daar is ‘n groot tent waar ons ontbyt, middag- en aandetes sal eet. Daar is verskeie ligte maaltye beskikbaar vir die middag soos bv. pannekoek, vetkoek, toebroodjies, tee, koffie, koek ens. Daar is ook verskeie aandenkings van die Passiespel te koop in die tent.
Tussendeur die opvoerings sal ons die geskiedkundige besienswaardighede besoek in die dorp en meer te wete kom van Lady Grey en sy mense! Ons besoek ook die Museum.DAG 5
Ons vertrek vandag terug na Pretoria. Ons ry deur Aliwal Noord en eet ontbyt by die Wimpy. Verder tot by Bloemfontein, Kroonstad tot in Pretoria. Ons arriveer ongeveer 17:00 in Pretoria met wonderlike herinneringe aan die Passiespel in Lady Grey wat ons lewens aangeraak het. Kom saam vir ‘n ongelooflike geestelike ervaring! Van KRIP tot KRUIS!Toer datum | 9 - 13 April 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R6710 per persoon wat deel |
Enkelbybetaling | R700 pp (Beperk) |
Deposito | R2000 |
1. Clarens kunstenaarsdorp
2. Naudesnekpas - Rhodes
3. Lady Grey Passion Play
4. Altech Konsertkoor
5. Tsitsa Waterval
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies