air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
Ons vertrek vanaf die Garden Court Hotel in Hatfield Pretoria na Lanseria Lughawe vir ons vlug na Durban. ‘n Bus neem ons direk na die Durbanse hawe waar ons aanboord van die Luukse Sinfoniaboot gaan. Ons vertrek om 15:00 vanuit die hawe van Durban. Oornag op boot en geniet aandvermaak in die teater en in verskillende sitkamers. U kan die kaptein ontmoet tydens ‘n skemerkelkie.
Na ‘n heerlike ontbyt doen ons aan by Maputo. U kan op die boot bly of u kan ons vergesel vir ‘n stadstoer in Maputo. Ons sien die Katedraal en besoek die ou Stasiegebou. Ons koop ook kasjoeneute by die algemene mark. Ons ry deur gegoede gedeeltes asook minder gegoede gedeeltes - ons beleef Maputo in sy volle glorie! Ons keer ongeveer 13:00 terug na die boot net betyds om nog middagete te geniet. Die boot vertrek om 18:00 uit die hawe.
Vandag reis ons tot by die Portugeuse Eiland. U kan op die skip bly of saam na die stand gaan met kleiner bootjies wat baie opwindend is! U kan ‘n lang ent langs die see gaan stap of net ontspan op die strand en op u eie tyd weer terug keer na die skip. Middagete kan op die eiland of op die skip geniet word. Hierdie uitstappie word bepaal deur die weersomstandighede. Ons oornag op die skip.
Vandag is ons nog in die omgewing van die Portugeuse Eiland. U het die geleentheid om 'n opsionele ekskursie te neem en Inhaca Eiland te besoek (eie onkoste). Hier kan u die dorpie besoek met 'n paar klein winkeltjies en ook die eiland verder verken. Alternatief kan u rustig op die skip verkeer of deelneem aan al die aktiwiteitsprogramme aan boord. Vanaand is ons laaste aand op die boot en ons geniet die geselskap van ons mede reisgenote en die opvoerings in die teater asook al die musiek in die verskillende sitkamers.
Na ‘n vroeë ontbyt arriveer ons om ongeveer 07:00 in Durban se hawe. Ons besoek Ushaka Marine World en sien die vertonings van die Robbe en die dolfyne! Vertrek na Durban Lughawe vir ons vlug na Lanseria Lughawe en per bus na die Garden Court Hotel in Hatfield, Pretoria.
Toer datum | 17 - 21 Februarie 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R99oo |
Enkelbybetaling | R3800 |
Deposito | R3000 |
1. Sewe maaltye per dag
2. Uitstaande vermaak en vertonings tot middernag
3. Musiek, dans en kindersorg 24 uur 'n dag
4. Son, son en nog meer son
5. Ushaka Marine World
6. Uitstappies na Maputo en Portuguese eiland
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies