air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
MOSAMBIEK, eens ‘n baie gewilde plek vir vakansiesgangers vanaf die destydse Transvaal, was 17 jaar lank gewikkel in ‘n oorlog. Na die oorlog is daar na Mosambiek verwys as een van die armste lande in die wêreld. Murasies en verwaarloosde geboue kan nog steeds in sekere dele gesien word en ‘n mens kry die indruk dat daar nog steeds baie arm mense woon. Daar is egter baie vooruitgang en nuwe ontwikkelinge.
‘n Paar woorde wat u solank kan leer is: Vriend – Amigo, Goeie middag – Boa Tarde, Goeienaand – Boa noite, Goeiemore – Bom dia, Totsiens – Adios.
DAG 1
Ons vertrek vanaf Pretoria en volg die N4 deur Mpumalanga tot by Komatipoort. Ons gaan Mosambiek binne by die Ressano Garcia grenspos by Komatipoort. Ons reis verder tot in Maputo, die ou Lorenzo Marques van die sestigerjare, waar ons vroegmiddag aankom. In die namiddag bring ons ‘n besoek aan die vismark en staan verstom oor alles wat die see ons gee om te eet, party nogal grillerig. Aandete en oornag Maputo.
DAG 2
Ons geniet ‘n heerlike ontbyt en vertrek daarna met die boot na Inhaca Eiland, voorwaar ‘n aangename rit. Die see is rustig sonder groot golwe, omdat daar ‘n koraalrif is voor jy die oop see ingaan. Die rit duur so ongeveer 1½ uur. Ons besoek ook 'n dorpie (village) en 'n paar winkeltjies op die eiland. Ons eet ‘n ligte middagete (eie koste) by die hotel en vertrek daarna terug na Maputo met die boot. Aandete en oornag Maputo.
DAG 3
Vandag besoek ons die Trichardt Monument wat altyd soos ‘n oase in ‘n woestyn is. Ons besoek ook die Stadsmuseum wat ‘n interessante uitstalling het van olifant fetusse. Die uitstalling sluit ook vlinders, visse, slange, bokke, olifante ens in. Ons sien ook die pragtige gerestoureerde Stasiegebou. In die middag vertrek ons na Bilene, die ou San Martino van die 1960’s, waar ons tuis gaan in ‘n oord wat aan die oewer van die meer geleë is. Teen sononder geniet ons die pragtige omgewing by die meer. Aandete en oornag in Bilene.
DAG 4
Xai-Xai is eerste op die program vandag en ons besoek ‘n besondere meubelfabriek wat hulle sake doen onder die bome. Ons ry verder in die rigting van Inhambane en besoek die dorpie met sy geboue wat dateer uit die 17 de eeu. Ons geniet die rustigheid van die omgewing, die mooi natuur en ons stap lang ente langs die see! Aandete en oornag Barra.
DAG 5
Vandag gaan ons op ‘n uitstappie om die seeperdjies te sien - dit is 'n gemaklike 25 minute stap tot by die koraalrif. Hier kan u na hartelus ontspan, snorkel of sommer net 'n lang ent op die spierwit strand gaan stap. In die middag gaan ons besoek aflê by Flamingo Bay wat op stelte gebou is in die water. Aandete en oornag Barra.
DAG 6
Op ons program vandag is is die bootrit na Pansy Eiland waar ons die dag gaan deurbring. Op hierdie strand sien mens baie Pansy skulpe. Ons besoek ‘n dorpie, eet ‘n tradisionele ete en keer in die middag terug na Barra. (Hierdie uitstappie is opsioneel). Aandete en oornag Barra.
DAG 7
Na ‘n vroeë ontbyt vertrek ons in die rigting van Maputo en oornag 50 km voor Maputo. Aandete en oornag net buite Maputo.
DAG 8
Na ontbyt vertrek ons na die grenspos en handel doeane aktiwiteite af voor ons vertrek na Krokodilbrug waar ons Krugerpark binnegaan. Ons ry in die rigting van Onder Sabie terwyl ons na die diere soek. By die ruskamp eet ons middagete. Hiervandaan reis ons na Skukuza waar ons weer stop. Ons gaan uit by die Krugerhek en reis daarvandaan terug na Hazyview waar ons oornag. Aandete en oornag Hazyview.
DAG 9
Vertrek na Graskop en besoek African Silk en volg dan die roete na Sabie, waar ons die Houtmuseum besoek. Ons ry oor die Longtompas en verkyk ons aan die mooi natuur. Ons stop by Dullstroom waar u die talle winkeltjies kan geniet en miskien ook ‘n pannekoek of twee kan eet. Ons arriveer ongeveer 17:30 in Pretoria met baie goeie herinneringe aan Mosambiek en die Wildtuin!
Toer datum | 4 - 11 Julie 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R11965 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R2000 |
1. Maputo
2. Bootritna Inhaca eiland
3. Bilene (Ou San Martino)
4. Barra
5. Inhambane
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies