air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
“Op die groot saaidag van die Heelal, het reeds ‘n entjie duskant Wupperthal, oor die kaal Noordweste, ‘n sakkie van die Heer se beste saad per ongeluk gelek, gelek …….. en uit geval….!”
NAMAKWALAND en die WESKUS! ‘n Kombinasie van veldblomme, bokkems en atmosfeer! Kom saam na hierdie wêreld wat jaar na jaar homself tooi in die beste skouspel van kleure!
Ons vertrek om vanaf Pretoria en reis deur Ventersdorp, Coligny, Sannieshof, Delareyville, Vryburg en stop vir ‘n besoek aan die Oog van Kuruman, wat in 1992 tot ’n Nasionale Monument verklaar is. Ons reis verder deur Olifantshoek tot in Upington. Ons gaan kyk ook na die langste palmlaning wat baie jare gelede aangeplant is en ook die donkie standbeeld. Aandete en oornag Upington.
DAG 2
Na ete reis ons verder en besoek die Augrabiese Waterval wat 145m oor die rotse stort. Ons roete gaan verder oor Kakamas, en Keimoes waar ons stop by die Keimoes padstal om van sy groot verskeidenheid droëvrugte en neute te koop. Ons stop ook by die Prettige Pittige Pienk Padstal! Ons sit ons reis voort verby Pofadder tot by Springbok, die hoofstad van Namakwaland. Ons ry ook in die rigting van Okiep en Nababeep en verlustig ons in die skouspel van oranje blomme. Voordat ons na ons oornagplek gaan, maak ons ‘n draai by die Springbok Kafee waar hulle ‘n groot verskeidenheid van boeke oor Namakwaland het en ook ‘n besondere uitstalling van halfedelgesteentes. Aandete en oornag Springbok.
DAG 3
Vandag neem ons reis ons verder deur die Knersvlakte via Kamieskroon waar ons ‘n besoek bring aan die Skilpad Natuurreservaat. Hierdie reservaat is bekend vir sy velde van Oranje blomme. Voort na Garies, ’n dorre landskap wat verras met sy kaleidoskoop van kleure. Ons drink lekker koffie en geniet die vrolike atmosfeer by Garies se Toeriste Winkel. Ons sal reël dat ‘n paar van die plaaslike mense vir ons ‘n rieldans kom doen. Voort na Van Rhynsdorp en ons besoek die Kern Vetplant Kwekery, wat die grootste van sy soort is in Suid-Afrika. Ons ry in die rigting van Niewoudtsville en die waterval. Ons besoek die Matjiesfontein Blomplaas. Aandete en oornag Vredendal.
DAG 4
Vanoggend vat ons die pad na Clanwilliam. Ons besoek die Rooibosteefabriek vir ‘n video oor Rooibostee Beperk en ‘n verfrissende koppie rooibos tee! Ons besoek ook die Strassberger Velskoenfabriek waar ons kan skoene koop en kyk hoe dit gemaak word. Hierna besoek ons die Ramskop Veldblomtuin, hier kan ook saad gekoop word en u kan ook hier iets te ete kry. Ons reis verder tot op Lambertsbaai. Vanaand geniet ons die heerlike verskeidenheid van kos by die opelug restaurant Muisbosskerm wat op die strand geleë is. Aandete en oornag Lambertsbaai.
DAG 5
Na ‘n heerlike ontbyt stap ons oor die hawemuur en besoek die bekende Voëleiland, broeiplek van duisende malgasse, seerawe, pikkewyne en talle ander seevoëls. Ons ry in die rigting van Velddrif en hier besoek ons “Die Bokkemlaan” en leer meer oor hierdie besondere gedroogde vissies. Hierna vat ons die pad na Paternoster en Tietiesbaai. Ons kuier in Paternoster se winkel waar allerlei produkte verkoop word. Paternoster se strand het ook sy eie bekoring met klein vissersskuite wat die mooiste foto’s maak. Ons volg die pad na die Cape Columbine Natuurreservaat en stop by die lighuis van waar daar ‘n pragtige uitsig is. Ons ry verder tot by Tietiesbaai, waar Pieter Pieterse en sy Ingelsman gewoon het. Ons keer terug vir aandete en oornag Saldanhabaai.
DAG 6
Ons sit aan vir die beste kos in die Weskus en vertrek dan na Hopefield waar ons die blomskou besoek. Daar is ook verskeie stalletjies wat allerlei interessanthede verkoop. Hierna reis ons tot by Darling en besoek Evita se perron en stap deur die Blomreservaat. Ons keer terug en gaan stap dan ‘n lang ent langs die strandmeer, ons luister na die krysende seemeeue! Aandete en oornag Saldanhabaai.
DAG 7
Na ‘n wonderlike ontbyt besoek ons die blomryke Postberg Natuurreservaat, met sy pragtige blomme, rotsformasies en bokke wat rustig wei, asook Langebaan Lagune. Hierna vertrek ons met die N7 na Kaapstad en besoek Kirstenbosch met sy kleurryke tuine en Seinheuwel waarvandaan ons ‘n pragtige uitsig het oor die stad. Aandete en oornag Kaapstad.
DAG 8
Na ontbyt besoek ons die Kasteel vir ‘n begeleide toer. Daarna vertrek ons na die lughawe vir ons vlug na Johannesburg. Hierdie toer en die wonderlike herinneringe aan Namakwaland, die veldblomme en die nostalgie van die Weskus, sal u nog vir lank by bly!
Besienswaardighede by hierdie toer ingesluit is as volg:
Toer datum | 17 - 24 Augustus 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R12 360 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R2000 |
1. Augrabiese waterval
2. Skilpadnatuurreservaat
3. Kern vetplant kwekery
4. Matjiesfontein Blomplaas
5. Muisbosskerm
6. Paternoster
7. Postberg Natuurreservaat
8. Blomme... blomme... blomme!
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies