air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
“Op die groot saaidag van die Heelal, het reeds ‘n entjie duskant Wupperthal, oor die kaal Noordweste, ‘n sakkie van die Heer se beste saad per ongeluk gelek, gelek …….. en uit geval….!”
NAMAKWALAND en die WESKUS! ‘n Kombinasie van veldblomme, bokkems en atmosfeer! Kom saam na hierdie wêreld wat jaar na jaar homself tooi in die beste skouspel van kleure!
DAG 1
Ons vertrek vanaf Pretoria na Lanseria lughawe van waar ons vertrek na Kaapstad. Ons arriveer na twee ure en ry vanaf die lughawe na Seepunt en reis dan al langs die see verby Bantrybaat, Clifton, Kampsbaai, Llandudno tot by Houtbaai. Middagete by Mariners Wharf . Na middagete gaan ons op ‘n bootrit na Duiker Eiland om die robbe te sien. Ons ry weer terug met die mooi roete langs die see en stop by Kampsbaai. Aandete en oornag Kaapstad.
DAG 2
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Kirstenbosch en spandeer twee ure in hierdie Botaniese Tuin. Ons vertrek vanuit Kaapstad na ons volgende bestemming - Saldanhabaai waar ons twee nagte oorslaap. Oppad besoek ons die blomryke Postberg Natuurreservaat met sy pragtige blomme, rotsformasies en bokke wat rustig wei. Indien die tyd dit toelaat kan ons die fynbosskou in Hopefield besoek indien dit binne die skou se datums val. Aandete en oornag Saldanhabaai.
DAG 3
Na ontbyt vertrek ons na Paternoster en Tietiesbaai. Ons stop by “Oep vir Koep”, Paternoster se winkel waar allerlei produkte verkoop word en dan bo in die dorp. Ons gaan kyk ook na die befaamde kroeg van die hotel, maak ‘n draai by die strand en volg dan die pad na die Cape Columbine Natuurreservaat en Tietiesbaai, waar Pieter Pieterse en sy Ingelsman gewoon het. Hiervandaan verder tot by Velddrif en ons besoek die Bokkemlaan. Bokkems is gedroogde harders, dit word gesout en in bossies gehang om te droog en is ‘n tradisionele lekkerny van die Weskus! Op ons pad terug na Saldanhabaai, draai ons af na Jacobsbaai en besigtig die klein kusdorpie. Ons keer terug en gaan stap dan ‘n lang ent langs die strandmeer. Ons luister na die krysende seemeeue! Aandete en oornag hotel Saldanhabaai.
DAG 4
Na ontbyt vertrek ons in die rigting van Piketberg. Ons ry deur die dorp en neem fotos en besigtig die mooi NG Kerk wat deur Carel Otto Hager in die Neogotiese styl ontwerp is. Voort na Clanwilliam. Hierdie pragtige dorp in die Sederberge is Rooibos wêreld daarom besoek ons die Rooibosteefabriek vir ‘n video oor Rooibostee Beperk en ‘n verfrissende koppie rooibos tee! Ons besoek ook die Strassberger Velskoen-fabriek. Hierna besoek ons die Ramskop Veldblomtuin. Ons geniet die heerlike verskeidenheid van kos by die opelug restaurant Muisbosskerm wat op die strand geleë is. Aandete en oornag Lambertsbaai.
DAG 5
Na ontbyt stap ons oor die hawemuur en besoek die bekende Voëleiland, broeiplek van duisende malgasse, seerawe, en talle ander seevoëls. Ons ry in die rigting van Clanwilliam en dan na Klawer. Ons besoek Van Rijnsdorp, waar ons die Kern Vetplant Kwekery besoek – die grootste vetplant kwekery in die land. Daarna vertrek ons na Niewoudtsville, ons ry oor die Van Rhynspas tot bo-op die kruin en kyk uit oor die Knersvlakte. Ons besoek die Matjiesfonteinplaas, waar ons na die talle bolplante gaan kyk. Hier is ‘n verskeidenheid van plante en ‘n padstal waar mens kan smul aan kerrie afval en tamatiebredie ens. Aandete en oornag Vredendal.
DAG 6
Na ete vertrek ons na Springbok en op ons pad besoek ons die toeristewinkel op Garies. Ons sal ‘n paar rieldansers reël om vir ons te kom dans! Die roete neem ons verder na Kamieskroon tot by die ongelooflike Skilpad Blomreservaat wat bekend is vir sy velde oranje blomme! Ons ry tot by die Dak van Namakwaland en geniet die wonderlike uitsig! Ons reis tot by Springbok waar ons oornag. Ons bring tyd deur in die Springbok Kafee wat uitstallings het van edelgesteentes, boeke, kaarte ens oor Namakwaland. Aandete en oornag Springbok.
DAG 7
Na ontbyt ry ons in die rigting van Nababeep en verlustig ons in die skouspel van oranje blomme. Ons ry verder deur dorpe soos Pofadder en Keimoes, waar ons stop by die bekende Keimoes Padstal, hier kan u heerlike vars dadels en droë vrugte koop. Ons besoek ook die Augrabiese waterval wat 145 m oor die rotse stort. Die waterval het sy naam gekry van die Hottentot woord “aukoerebis” wat “groot geraas” beteken. Oornag Upington wat in die Oranjeriviervallei geleë is. Ons besigtig die langste palmlaning in Suid Afrika asook die donkie en kameel standbeeld. Aandete en oornag Upington.
DAG 8
Na ontbyt vertrek ons op ons laaste skof huistoe. By Kuruman stop ons by die Oog, ‘n onuitputlike fontein van vars water wat ‘n rol gespeel het met die plasing van die dorp. Dit is die grootste natuurlike fontein in die Suidelike halfrond. Die fontein lewer daagliks 20 miljoen liter water daagliks wat in die hele dorp se behoeftes voorsien asook besproeiing - en is in 1992 tot ‘n Nasionale Monument verklaar. Ons reis neem ons verder terug na Pretoria en ons arriveer ongeveer 17:00 – 17:30.
Besienswaardighede by hierdie toer ingesluit is as volg:
Toer datum | 25 Aug - 1 Sep 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R12 360 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R2000 |
1. Augrabiese waterval
2. Skilpadnatuurreservaat
3. Kern vetplant kwekery
4. Matjiesfontein Blomplaas
5. Muisbosskerm
6. Paternoster
7. Postberg Natuurreservaat
8. Blomme... blomme... blomme!
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies