air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
DAG 1 - PRETORIA NA UPINGTON
Ons vertrek vanaf Pretoria en ons roete neem ons oor Tarlton, Ventersdorp, Coligny, Delareyville, Sannieshof, Vryburg, Kuruman, waar ons die Kuruman Oog besoek. Voort na Olifantshoek en daarvandaan tot by Upington. Aandete en oornag Upington.
DAG 2 - UPINGTON NA AIS AIS
Na ontbyt besoek ons die langste palmlaning asook die standbeeld van die donkie en die kameel, wat ‘n groot bydrae tot die ontwikkeling van hierdie gebied gemaak het. Ons ry tot by die grenspos Ariamsvlei waar ons die doeane formaliteite afhandel en dan verder deur Karasburg tot by Ais-Ais Warmwaterbron, waar ons oornag. Aandete en oornag Ais-Ais.
DAG 3 - AIS AIS NA KEETMANSHOOP
Vandag ry ons in die rigting van die Visrivier Canyon, waar ons die vallei in al sy glorie kan besigtig. Die ‘canyon‘ is 161km lank, 27 km breed en 550m diep en is geleë tussen die Vis- en Gariep riviere. Hiervandaan reis ons na Seeheim en daarvandaan tot by Keetmanshoop. Hier besoek ons die Reuse se speelplek en die Kokerboomwoud wat geleë is buite die dorp op die plaas Gariganus. Aandete en oornag Keetmanshoop.
DAG 4 - KEETMANSHOOP NA LUDERITZ
Na ontbyt vertrek ons in die rigting van Goageb en Aus. By Aus rek ons bene en reis dan verder tot by Luderitz. Die argitektoniese Lutherse kerk verleen ‘n buitengewone bekoring aan Luderitz. Ons besoek Kolmanskop waar daar gedurende die vroeë 19 de eeu tot 700 gesinne gewoon het en daar nou slegs die ruines van die myndorp te sien is. Ons word begelei deur ‘n gids wat ons meer vertel van Kolmanskop. Ons besoek ook die replika van die afgeleë Diaz kruis wat in 1488 deur Bartholomeus Dias opgerig is. Aandete en oornag Luderitz.
DAG 5 - LUDERITZ NA MALTAHOHE
Na ontbyt reis ons na Aus waar ons die wilde woestynperde sal teëkom. By Helmeringshausen besoek ons die winkel waar allerlei snuisterye te koop is, en reis dan daarvandaan na Maltahohe waar ons oornag. Aandete en oornag Maltahohe.
DAG 6 - MALTAHOHE NA SOSSUSVLEI, SESRIEM, SOLITAIRE
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons in die rigting van Zaris en daarvandaan na Sesriem en Sossusvlei. By Sesriem stop ons vir koffie en badkamers, dan ry ons vir 60 km deur die duine op ‘n teerpad tot by die parkering vir die bus. Hiervandaan ry ons met 4x4 voertuie vir nog 5 km op ‘n baie sanderige pad. Hier het u genoeg tyd om een van die duine uit te klim indien u wil, anders raak u net rustig en geniet die stilte rondom u, of stap ‘n entjie en beleef die woestyn met sy eie bekoring. Op ons pad terug besoek ons die Sesriem Canyon. U kan afstap tot onder, dit is ongelooflik mooi! By Sesriem in die suidelike Namib vloei die Tsauchab rivier in ‘n smal rafyn vir ongeveer 1.5km. Die rafyn word geleidelik wyer en die rivier verdwyn dan in die woestyn. Die plek se naam kom van die ses rieme wat aanmekaar gebind was en wat gebruik was om water met ‘n emmer uit die rivier te trek. Hierna vertrek ons na Solitaire. Ons maak ‘n draai by die interessante eetplek en winkel by Solitaire wat bekend is vir sy reuse snye appeltert. Oornag in Solitaire.
DAG 7 - SOLITAIRE NA SWAKOPMUND
Vanoggend vertrek ons na Walvisbaai. Ons ry oor die Gaub pas en sien die Kuiseb vallei. Ons ry die Welwitshiaroete en besigtig hierdie woestyn plante wat baie oud word. Ons stop ook by die uitkykpunt van die Maanlandskap en by Duin 7 toets ons weer die fiksheidsgraad van die gewilliges. Ons reis verder na Swakopmund. Aandete en oornag Swakopmund.
DAG 8 - SWAKOPMUND
Na ontbyt gaan ons op ‘n bootrit vanaf Walvisbaai. Hierdie bootrit is ‘n belewenis! Die pelikane swem saam met ons en word kort-kort van die boot af gevoer, die robbe swem ook saam en klim bo-op die boot vir ‘n happie. Indien ons gelukkig is kan ons ook dolfyne sien. Ons eet heerlike vars oesters en ander versnaperinge op die boot. Ons gaan kyk of ons die flaminke kan sien en die hope sout by die verwerkingsaanleg In die middag besoek ons die Gallerie waar u verskeie half edelstene kan besigtig! Hierna kan u tyd spandeer in die dorp. Oornag Swakopmund.
DAG 9 - SWAKOPMUND NA OKAKEUJO IN ETOSHA
Ons sit ons reis voort na Karibib, wat ook bekend is vir sy winkel met sybokhaar geweefde matte en half edelgesteentes. Ons reis neem ons verder na Omaruru, Kalkveld, Otjiwarongo, Outjo tot by Etosha Wildtuin. Ons gaan in by die Andersonhek en oornag by Okakeujo Ruskamp. Laatmiddag en vanaand kan u die atmosfeer beleef van die verligte watergat en in spanning wag vir die diere wat kom water drink. Aandete in die restaurant. Die Etosha Nasionale Park is 380 km lank en 90 km breed. Aandete en oornag in Etosha.
DAG 10 - OKAKEUJO NA HALALI - ETOSHA
Vandag verwyl ons ons tyd in die Etosha Nasionale Park. Ons besoek weer die watergat van vroeg af voor ontbyt. Daarna eet ons ontbyt in die restaurant en beweeg dan rustig in die rigting van Halali Ruskamp. Ons besoek die watergate op ons pad soontoe. Vanaand het u weer geleentheid om die diere by die ruskamp in Etosha te sien. Aandete en oornag Etosha.
DAG 11 - HALALI, ETOSHA NA WINDHOEK
Na ontbyt vertrek ons in die rigting van Namutoni Ruskamp. Op ons pad sien ons groot troppe blouwildebeeste en zebras langs die pad en stop by Namutoni Ruskamp. Ons verlaat die Park en besoek die Otjikotomeer wat ontstaan het toe die dak van ‘n reuse grot ingeval het. Vanaf Tsumeb reis ons verder deur Otjiwarongo en Okahandja tot by Windhoek, wat die hoofstad is van Namibië. Die dorp het die ontstaan van sy naam te danke aan die Koi Koi hoofman Jonker Afrikaner wat dit vernoem het na ‘n plaas in die Kaap met die naam Winterhoek waar hy opgegroei het. Aandete en oornag in Windhoek.
DAG 12 - WINDHOEK
In Windhoek is daar verskeie geboue wat histories van belang is. Ons besoek die tuin waar die Parlementsgebou wat in 1912 gebou is en bekend gestaan het as die Tintenplats (Ink Paleis) en sy naam te danke het aan die groot hoeveelheid ink wat gebruik is vir die Administratiewe funksies van die regering. Daar is ook die Alte Feste (Ou Fort) wat in 1892 deur die Duitsers gebou is. Ons besoek ook die Christus Kirche die Duitse Lutheraanse Kerk in die middel van die stad. In die namiddag besoek ons ‘n baie interessante plek net buite Windhoek. Aandete en oornag Windhoek.
DAG 13 - WINDHOEK NA KANG
Na ontbyt vertrek ons in die rigting van Gobabis en daarvandaan na Kang waar ons oorslaap vanaand. Die Trans-Kalahari-Hoofweg is 'n belangrike hoofroete wat Namibië deur Botswana met Suid-Afrika verbind. Aandete en oornag Kang.
DAG14 - KANG NA PRETORIA
Op ons laaste skof huistoe vertrek ons vanaf Kang verby Lobatse na die Pioneer Gate-grenspos tussen Botswana en Suid-Afrika. Van Skilpadshek af loop die N4 nasionale roete na ongeveer 50 km deur Zeerust en 135 km verder verby Rustenburg na Pretoria. Die herinneringe aan hierdie toer sal vir lank met u wees. Elke dag iets nuuts, ‘n ervaring van ‘n leeftyd in ‘n land met vele kontraste! Ons groet ons vriende, keer huiswaarts met baie om te vertel en vanaand slaap u in u eie bed!
Toer datum | 1 - 14 Mei 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R21 850 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R3000 |
1. Visrivier Canyon
2. Kolmanskop en Diaz kruis
3. Sossusvlei en Sesriem
4. Bootrit in Walvisbaai met robbe en pelikane
5. Etosha Nasionale Park
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies