air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
Was u al ooit in die Oos Vrystaat met sy pragtige natuur? Dan is dit nou die tyd! Die kersies is ryp. Kom eet jou trommeldik aan kersies in die boord. Besoek die talle winkeltjies in Clarens en geniet die kunswerke wat uitgestal word. Koop Nastergal konfyt by die Purple Onion en geniet die prentjie mooi omgewing van die Oos Vrystaat. Ons geniet twee van die beste padstalle! Die ‘kersie‘ op die koek is die ingenieurs-wonder van Lesotho, die Katsedam! Ons besoek ook die Kersiefees!
Dag 1
Ons vertrek vanaf Pretoria na Clarens omgewing waar ons vir die volgende vier nagte sal tuisgaan. Ons roete neem ons deur Harrismith, Bethlehem, Frankfort, Reitz en dan na Clarens. By Harrismith besoek ons die versteende boom. Ons arriveer by die gasteplaas net betyds vir middagtee. Ons verken die omgewing en bewonder die mooi natuur. Aandete en oornag 15 km buite Clarens.
Dag 2
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na die Basotho Kultuurdorp vir ‘n begeleide toer. Ons ry deur die Golden Gate Hoogland Nasionale Park wat aan die voetheuwels van die Maluti berge in die noord-oostelike Vrystaat lê. Die Park beslaan 11 600 ha van ware bergland habitat. Hierdie park is in 1963 gestig om die sandsteen hooglande te beskerm, en vandag, 45 jaar later, is Golden Gate die enigste Nasionale Park wat die grasveld bioom bewaar. Ons besoek ook die Brandwag Hotel en bewonder die mooi uitsig vanaf hul restaurant. Die res van die middag bring ons in Clarens deur, wat bekend is as ‘n kunstenaarsdorp. Daar is meer as 15 kunsgalerye en baie ander interessante winkels. Aandete en oornag 15 km buite Clarens.
Dag 3
Ons vertrek vroeg na Fouriesburg waar ons by die Caledonspoort grenspos toegang tot Lesotho verkry. Ons reis na die Lesotho Hoogland Water Projek (Katsedam). Die roete tot by die Katsedam is ongelooflik mooi! ‘n Kronkelende pad neem ons tot daar en ons gaan op ‘n begeleide toer deur die damwal. Wanneer ‘n mens by jou huis ‘n glas drinkwater uit die kraan sou tap kom ¾ daarvan uit die Katsedam. Aandete en oornag Lesotho.
Dag 4
Ons sit aan vir ‘n heerlike ontbyt en vertrek dan in die rigting van Ficksburg. Op ons program vandag is daar verskeie besoekpunte. Ons besoek ‘n kersieplaas asook ‘n plaas waar daar met ganse geboer word vir hulle dons. Ons besoek ook ‘n kaasplaas. Ons volgende besoekpunt op ons roete is die Makoadi Angora Konynplaas by Clocolan. Ons besoek ook twee baie interessante padstalle. Ons besoek die Kersie Kaperjolle in Clocolan! Die res van die middag bring ons by die Kersiefees in Ficksburg deur - ons besoek al die stalletjies en smul aan hulle heerlike kos. Ons koop kersiewyn en likeur. Aandete en oornag Ficksburg.
Dag 5
Na ‘n heerlike ontbyt spandeer ons nog tyd in die omgewing en dan vertrek ons terug na Pretoria. Ons stop by Clarens om die winkels wat dinsdag toe was te besoek. Ons besoek ook die komberswinkel in Clarens. Net buite Clarens besoek ons die Asrivier uitval waar die water van die Katsedam vanuit die ondergrondse tonnels op die oppervlak sigbaar is. Ons ry via Bethlehem, Harrismith, Villiers terug na Pretoria. Arriveer in Pretoria teen ongeveer17:00 met aangename herinneringe aan die Oos Vrystaat en Lesotho!
BAIE BELANGRIK - U BENODIG ‘N PASPOORT VIR LESOTHO
Toer datum | 16 - 21 November 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R7995 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R1000 |
1. Clarens kunstenaarsdorpie
2. Golden Gate Hoogland Nasionale Park
3. Lesotho Hoogland Waterprojek - Katsedam
4. Makoadi Angora Konynplaas
5. Kersiefees Ficksburg
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies