air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
DAG 1
Ons vertrek vanuit Pretoria en die roete neem ons op die N1 verby Kroonstad, Ventersburg en Winburg tot by Bloemfontein. Ons besoek die Vroue Monument. Ons volgende stop is die Gariepdam en hiervandaan na Colesberg. Aandete en oornag Colesberg.
DAG 2
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Sutherland. Ons ry deur Beaufortwes, Laingsburg en ons stop by die historiese Matjiesfontein waar Johnny, ‘n flambojante plaaslike toergids, ons op ‘n begeleide toer deur die Lord Milner Hotel neem. Voort na Sutherland deur Verlatenkloof oor die Roggeveldberge. Hierdie dorpie is wêreldbekend vir die SALT wat hier opgerig is. SALT staan vir Southern Africa Largest Telescope. Indien die omgewing goeie reën gehad het sal die veldblomme ongelooflik mooi wees hierdie tyd van die jaar! Ons sien met verwagting uit na die aand sodat ons die sterbelaaide Karoonag kan ervaar! Vanaand kyk ons sterre saam met Jurg van Kambrokins! Aandete en oornag Sutherland.
DAG 3
Vanoggend besoek ons die geskiedkundige NG Kerk en leer meer van sy geskiedenis. Ons gaan op ‘n begeleide toer deur die Louw Huis waar NP van Wyk Louw en W.E.G. Louw grootgeword het. Vanmiddag besoek ons die Sterrewag vir ‘n begeleide toer deur die SALT en vanaand kyk ons sterre by die Sterrewag. Die SALT word nie gebruik vir sterrekyk nie, slegs vir navorsing. Ons kyk wel sterre saam met ‘n gids van die Sterrewag. Aandete en oornag Sutherland.
DAG 4
Ons eet ‘n heerlike ontbyt en vertrek dan in die rigting van Prins Albert. Ons besoek die Fransie Pienaar Museum, proe dessertwyn by Soet Karoo, smul aan heerlike olywe by Swartrivier Olyfplaas en ons geniet die mooi dorp. Vanaand is daar ‘n opsionele toer wat die Spooktoer genoem word. Aandete en oornag Prins Albert.
DAG 5
Vandag is een van die hoogtepunte op die toer! Ons onderneem ‘n daguitstappie na die Hel! Ons ry tot bo-op die Swartbergpas en draai dan in die rigting van Gamkaskloof of beter bekend as die Hel! Hier besoek ons die vyfde geslag van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied! Ons eet ‘n heerlike middagete by hulle en keer dan weer terug na Prins Albert. Wat ‘n belewenis! Aandete en oornag Prins Albert
DAG 6
Vandag reis ons na Oudtshoorn via Meiringspoort waar die wat fiks is die waterval kan besoek. Ons ry ook deur Klaarstroom en stop by De Rust. Ons doen ‘n begeleide toer deur die Kangogrotte en staan verstom oor hierdie asemrowende grotte. Ons besoek ook ‘n volstruisplaas. Ons keer terug na Prins Albert. Aandete en oornag Prins Albert.
DAG 7 Ons eet ‘n heerlike ontbyt en vertrek dan met die N1 in die rigting van Orania. Ons reis weer deur Drie Susters en by Laingsburg besoek ons die Vloed Museum waar ons meer hoor oor die tragiese gebeure toe die rivier sy walle oorstroom het. Ons arriveer laatmiddag by Orania en geniet ‘n heerlike aandete in die restaurant. Hierdie restaurant is geleë op die oewer van die Oranjerivier! Aandete en oornag Orania.DAG 8
Vandag gaan ons op ‘n begeleide toer deur Orania. Ons kyk na ‘n DVD oor hoe die dorp tot stand gekom het en ook na sy vele projekte. Ons lê besoek af by ‘n paar klein besighede wat op Orania bedryf word. Mev Betsie Verwoerd se woonhuis is na haar dood omskep in ‘n museum waar talle geskiedkundige artikels uitgestal word. Ons besoek ook die begraafplaas waar sy begrawe is. Die Koeksister Monument is ook interessant en het geskiedenis. ‘n Klein neutverpakkingsprojek asook die Wijnhuis is ook op ons program. Orania het ‘n groot aanplanting van neutbome, 20, 000 in totaal. Ons besoek hierdie neutbome en sien ‘n hele klomp steenbokkies in die plantasie. Aandete en oornag Orania
DAG 9
Na ‘n heerlike ontbyt groet ons Orania en besoek die Van der Kloof dam en die dorp. Ons ry deur Petrusville en Phillipstown tot by Bloemfontein waar ons weer aansluit by die N1. Hiervandaan deur Kroonstad, Johannesburg tot in Pretoria. Ons arriveer ongeveer 17:00 in Pretoria met wonderlike herinneringe aan Orania die Hel en die sterrekyk sessies!! Herinneringe wat ‘n leeftyd hou!
Toer datum | 11-19 Oktober 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R13500 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R2000 |
1. Orania op oewer van Oranjerivier
2. Prins Albert
3. Gamkaskloof - daguitstappie na die Hel
4. Meiringspoort en Kangogrotte
5. Sutherland sterrekyk (SALT)
6. Gariepdam
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies