air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
In Oos-Afrika vind daar jaarlikse ‘n dieremigrasie plaas wat enig in sy soort ter wêreld is. Hierdie migrasie het nie ‘n begin of ‘n einde nie en is ‘n voordurende pelgrimstog wat oor en oor begin. Die diere volg ‘n kloksgewyse sirkelroete tussen Serengeti Nasionale Park in die Noorde van Tanzanië tot in die Masai Mara Nasionale Park in die suide van Kenia. Ten einde iewers te begin kom ons sê dat die migrasie in laat Januarie tot middel Maart begin met waar alles tog begin nl, by geboorte, wanneer daar honderde duisende wildebees kalwers gebore word. Baie van hulle sal vroeg in hulle lewe die prooi word van roofdiere! Die diere begin die tog gedurende April wanneer die weiding in die suidelike Serengeti begin skaars word. Hulle trek dan in ‘n noord-westelike rigting naby die Victoriameer waar weiding weer volop is. Alhoewel die migrasie deur verskillende diere onderneem word is die oorgrote meerderheid wildebeeste, Thompson Gazelle en zebras. Elke spesie vreet verskillende lengtes gras en kompeteer maw nie met mekaar oor die beskikbare weiding nie. Die eindelose vlaktes van Oos Afrika is dus die agtergrond vir die wêreld se grootste wild skouspel – die 1.5 miljoen wildebees migrasie! Vanaf die uitgestrekte Serengeti vlaktes van Oos Afrika tot by die sjampanje kleurige heuwels van Kenia se Masai Mara. Hierdie massa diere word aanhoudend agtervolg deur roofdiere! Die diere beweeg kloksgewys oor ‘n afstand van 3000 kilometer opsoek na weiding. Daar is geen begin of einde aan ‘n wildebees se tog nie. Die lewe is een groot pelgrimstog, ‘n aanhoudende gesoek na kos en water, die enigste begin is by geboorte. Ongeveer 400 000 wildebees kalwers word gedurende ‘n ses weke periode gebore.
DAG 1 Ons ontmoet ons mede-reisigers by O.R. Tambo Internasionale Lughawe vir ons vlug na Kilimanjaro, Tanzanië. Daar wag ‘n opwindende reis waar ons die beste wat Tanzanië bied gaan beleef. DAG 2 By ons aankoms by die Kilimanjaro Internasionale lughawe ontmoet ons die gids wat ons neem na die Manyara Meer Nasionale Park. Vroeg middag doen ons wildbesigtiging in die park – ‘n gepakte middagete word voorsien. Aandete en oornag. DAG 3 Na ontbyt vertrek ons op ‘n voldag wildsbesigtigingsrit in die Park. Gepakte middagetes word voorsien. Ons sien die Groot Skeurvallei met sy waterbokke en ander wild. As ons gelukkig is sien ons ook groot troppe olifante. Aandete en oornag. DAG 4 Na ontbyt vertrek ons na die Serengeti via ‘n Masai dorpie, met wildsritte en gepakte middagetes ingesluit. Ons ry deur die Loliondo gebied, en reis dan verder na die westelike grens. Ons stop vir ons piekniekmiddagete en beweeg dan dieper in die park in vir ons middag en aand wildsbesigtiging. Aandete en oornag. DAG 5 Na ontbyt vertrek ons vir ons daaglikse wildsritte tot laat aand met gepakte middagetes. Tydens die wildsritte sien ons baie wildebeeste, zebras, kameelperde, ape, bobbejane, seekoeie, renosters, verskillende boksoorte, olifante en leeus. Aandete en oornag. DAG 6 Vir oulaas ry ons deur die grasvlaktes van die Serengeti en sien weer hope wild. Vandag is daar ‘n geleentheid om ‘n opsionele rit in ‘n warm lugballon te onderneem en die Serengeti vanuit die lug te beleef. Aandete en oornag. DAG 7 In die oggend ry ons na Ngorongoro Bewaararea wat ‘n Wêreld Erfenis gebied is sedert 1979. Ons doen wildsritte om Ngorongoro se diere te beskou asook die Maasai mense wat daar woon. Aandete en oornag. DAG 8 Voldag Ngorongoro krater besoek. Na ontbyt sak ons af in die krater vir 'n volle dag se wildsritte op die Ngorongoro-krater vloer met gepakte middagetes en dan vertrek ons na Karatu vir aandete en oornag. Dag 9 Na ontbyt begin ons terugtog na Arusha vir ons vlug na Suid-Afrika.
Toer datum
25 - 31 Mei 2020
Vertrekpunt
Garden Court Hotel Hatfield
Vertrektyd
06h00
Prys
R37 840 pp wat deel
Enkelbybetaling
POA
Deposito
R10 000
1. Manyara Meer Nasionale Park & flaminke
2. Ngorongoro Krater
3. Serengeti Wildebees migrasie
4. Safari ritte
5. Opsionele lugballon vaart
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies