air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
‘n Wonderlike toer na een van die mooiste dele van ons land. Dit word nie verniet die Tuinroete genoem nie. Die groen van al die welige plantegroei en die blou van die oseaan – prentjiemooi! Wanneer laas was u daar? Bederf uself met hierdie kombinasie van Tuinroete en die Kunstefees in Oudtshoorn en dis propvol hoogtepunte.
DAG 1
Ons vertrek vanuit Pretoria en reis ons met die N1 deur Kroonstad en Bloemfontein tot by Hanover en daarvandaan tot by Middelburg. Aandete en oornag Middelburg.
DAG 2
Na ‘n heerlike ontbyt volg ons die pad na Nieu-Betesda, ‘n klein dorpie wat bekend is vir die Uilhuis en ‘n donkiekarrit deur die stofstrate! Ons besoek die Uilhuis en ry op die donkiekar deur die strate van die dorp en luister na die interessante vertellings van ons gids! Ons geniet middagete in een van die talle restaurantjies en vat dan die pad na Graaff Reinet! Aandete en oornag Graaff Reinet.
DAG 3
Na ontbyt besoek ons die Vallei van Verlatenheid. Hierna vertrek ons in die rigting van Port Elizabeth en daarvandaan na Jeffreysbaai. Ons ry deur Jansenville en Wolwefontein. Aandete en oornag in Jeffreysbaai.
DAG 4
Na ontbyt vertrek ons in die rigting van Knysna waar ons die volgende twee nagte oornag. Oppad besoek ons die Woodvilleboom, ‘n reuse egte Geelhoutboom wat 800 jaar oud is. By Plettenbergbaai gaan ons op ‘n begeleide toer deur Monkeyland, waar baie besondere ape in ‘n natuurlike habitat aangehou word. Ons besoek ook Birds of Eden wat die grootste is in sy soort in Suid Afrika. Aandete en oornag Knysna.
DAG 5
Vandag doen ons ‘n ongelooflike daguitstappie na die Featherbed Natuurreservaat. Hierdie uitstappie sluit in: ‘n rit met ‘n boot tot by die reservaat, ‘n rit met ‘n trekker en sleepwa, ’n ongelooflike 4 gang middagete (ingesluit) en weer terug met die boot. Aandete en oornag Knysna.
DAG 6
Vanf Knysna reis ons na Mosselbaai en besoek die pragtige skulp museum asook die poskantoorboom. Terug tot by George waar ons hul mooi NG Kerk besoek. Ons ry oor die Outeniquapas na Oudtshoorn. Vanmiddag en vanaand kuier ons by die Klein Karoo Kunstefees en geniet die vrolike atmosfeer van die KKNK. Aandete in ‘n restaurant en oornag Oudtshoorn.
DAG 7
Na ontbyt bring ons ‘n besoek aan die Kangogrotte. Ons maak ook ‘n draai by Wilgewandel, ‘n oulike padstal waar daar heerlik gekuier en geëet kan word. Ons besoek ook een van die volstruisplase waar ons meer leer oor volstruise! Arbeidsgenot, Langenhoven se huis, is ook op ons spyskaart! Vanmiddag en vanaand besoek ons weer die Klein Karoo Kunstefees en verlustig onsself in die musiek, teaters en al die kunsstalletjies! Indien u ‘n opvoering wil bywoon sal u daarheen vervoer word. U moet net self u plek bespreek by Computicket en die tye moet by ons program inpas. Vanaand geniet ons weer die fees en eet heerlik by ‘n restaurant. Oornag Oudtshoorn.
DAG 8
Vanoggend besoek ons Gamkaskloof of die Hel soos dit ook bekend staan. Dit is ‘n hoogtepunt op die toer! Die mooi natuur in Gamkaskloof met sy geskiedenis! Ons keer terug na Oudtshoorn vir aandete en oornag.
DAG 9
Na ontbyt vertrek ons na De Rust en vertoef ook hier by hulle talle klein winkeltjies. Ons ry deur Meiringspoort en ervaar die ongelooflike mooi natuur van die Swartberge. Voort na Prins Albert waar ons stop en dan voort na die N1 tot by Colesberg. Aandete en oornag Colesberg.
DAG 10
Vandag sit ons ons reis voort na Pretoria en ons geniet vir oulaas al die mooi dinge rondom ons. Ons besoek die Gariepdam. Ons keer terug met mooi herinneringe aan die Tuinroete en die lekker fees op Oudtshoorn en al die ander belewenisse wat ons gehad het. Verwagte aankoms in Pretoria is ongeveer 17:00 – 17:30.
Toer datum | 5 - 14 September 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R13125 pp wat deel |
Enkelbybetaling | POA |
Deposito | R2000 |
1. KKNK vertonings
2. Featherbead Natuurreservaat
3. Oudthoorn
4. Nieu-Bethesda
5. Vallei van Verlatenheid
6. Die Hel - Gamkaskloof
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies