air jordan ireland new balance ireland longchamp taschen longchamp wien new balance wien timberland australia mont blanc pens cheap oakley sunglasses nike air max australia cheap oakleys air jordan pas cher nike belgique louboutin pas cher
DAG 1
Ons vertrek om 06:00vm uit Pretoria vanaf die Garden Court Hotel, h/v Pretorius- en Endstraat. Bus stop binne in die gronde van die hotel. Ons begin ons reis vanaf Pretoria via die N3. By Van Reenen besoek ons die kleinste Rooms Katolieke kerkie in die wêreld wat tans nog in gebruik is. Ons stop elke 2 – 2 ½ uur om bene te rek en om versnaperings te koop. Aandete en oornag Port Edward.DAG 2
Net na ontbyt vertrek ons verder op ons roete in die rigting van die Wildekus. Ons ry oor die Umtamvunarivier wat ook die grens is tussen Kwa Zulu Natal en die “Transkei”. Ons draai weg na die binneland en ry deur Redoubt, Bizana en Flagstaff tot by Lusikisiki. Lusikisiki se naam is verleen aan die geluid wat die wind deur die riete maak. Hier swaai ons weg na Mbotyi wat geleë is by die monding van die Mbotyirivier, ‘n ongerepte deel van die Wildekus met sy heuwels en tropiese woude. Hier raak ons rustig en verlustig ons in die mooi natuurskoon. Ons stap langs die strand en ons geniet die stilte om ons. Weg van die gejaag en van al die selfone want hier by Mbotyi is daar geen selfoon opvangs nie. ‘n Mens kry die gevoel dat tyd hier stil gestaan het. Dit is ook hier waar mens die beeste kry wat op die strand lê. Aandete en oornag Mbotyi.DAG 3
Na ‘n heerlike ontbyt bring ons ‘n besoek aan die Magwa waterval. Suid-Afrika se tweede hoogste waterval. Ons stop ook by die Magwa teeplantasie om tee te koop. Daarna vertrek ons vanaf Mbotyi en bring ‘n besoek aan Port St Johns. Hiervandaan ry ons in die rigting van Umngazi River Lodge. Die Umngazi River Lodge kan gevind word aan die Wildekus 20 km vanaf Port St Johns. Die omgewing bied besoekers 'n gematigde klimaat, lang wandelinge op ongerepte strande, Nguni-koeie wat op die strand aangetref word en wei op die golwende heuwels, kleurryke Xhosa-hutte, wonderlike en volop voëllewe, asemrowende rotswandelings. In die namiddag doen ons ‘n sonsondergang bootrit op die Umngazi rivier. Na aandete kuier ons lekker saam en geniet mekaar se geselskap. Aandete en oornag Umngazi River Lodge.DAG 4
Na ‘n heerlike ontbyt is ons gereed vir die dag se gebeure. U kan deelneem aan ‘n bootrit wat ‘n woudstap insluit waar u pragtige varings en bome kan besigtig. U kan ook in die namiddag op ‘n gemaklike staproete gaan om voëls te besigtig. Tussen in sal ons ook ‘n besoek bring aan ‘Alice se huis‘ vir ‘n heerlike koppie tee. Ons geniet die asemrowende uitsigte van Umngazi. Aandete en oornag Umngazi River Lodge.DAG 5
Na ontbyt ry ons via Mthatha (Umtata) tot by Koffiebaai. Koffiebaai het sy naam ontleen aan die talle koffiebome wat begin groei het nadat ‘n vragskip met ‘n vol vrag koffiebone aan boord, hier gestrand het. Baie van die bome het vir ‘n paar seisoene oorleef. Vandag is daar ongelukkig geen koffiebome meer in sig nie. Koffiebaai is geleë by die mond van die Nengarivier (rivier van die Walvis). Nog twee ander riviere loop hier in die see in, die Mapuzi- en Umtata riviere. Agt kilometer suid van Koffiebaai is een van die mees uitsonderlike rotsformasies aan die hele Suid Afrikaanse kus, die Hole in the Wall soos dit algemeen bekend staan. Oor duisende jare heen het die malende waters deur die rots gebreek. Ons besoek hierdie besienswaardigheid en ons spandeer genoeg tyd daar om die omgewing te verken. Hierna maak ons ‘n draai op die strand en stap heerlik langs die see. Indien daar tyd is besoek ons ook die paar winkeltjies wat daar is en ons maak ‘n draai by die uitkykpunt. Ons keer terug na ons Hotel en ontspan voor aandete. Aandete en oornag Koffiebaai.DAG 6
Na ‘n heerlike ontbyt ry ons in die rigting van die N2 en by Butterworth draai ons weg in die rigting van die Quoloramond. Ons arriveer by ons oornagpunt wat teen die see lê. Wavecrest is geleë aan 'n kristalhelder riviermonding, gevoed deur twee riviere, wat deur ongerepte duinewoud kronkel. Die hotel is aan die suidelike oewer van die produktiewe riviermonding Nxaxo geleë en is die ideale beginpunt vir alle voël besigtiging. Die groot verskeidenheid habitat tipes is maklik bereikbaar en binne loopafstand van die hotel. Voor aandete kan u gaan stap en die pragtige omgewing geniet. Aandete en oornag Wavecrest.DAG 7
Ons sit aan vir ‘n heerlike ontbyt. Die res van die dag geniet ons weer die see en die mooi omgewing. Daar is verskillende kort staproetes om te verken. U kan saam met ‘n gids voëls besigtig of net die mooi omgewing geniet. ‘n Bootvaart word tydens hoogwater aangebied om die riviermonding te verken. Hierdie ervaring is slegs beskikbaar as die getye hoog genoeg is. Aandete en oornag Wavecrest
DAG 8
Na ontbyt vertrek ons op ons eerste skof huistoe en reis deur Butterworth, Idutywa, Engcobo, Elliot, Barkly-Oos, Lady Grey tot by Aliwal Noord langs die Oranje Rivier, ‘n pragtige roete met hoë indrukwekkende rotsformasies en van die mooiste natuur. Aandete en oornag Aliwal Noord op die oewer van die rivier.DAG 9
Na ontbyt vetrek ons vanaf Aliwal Noord na Bloemfontein, Kroonstad en met die N1 verder tot in Pretoria. Ons geniet vir oulaas die natuur rondom ons. Ons arriveer ongeveer 17:00 in Pretoria met wonderlike herinneringe aan die ongerepte Wildekus met sy besondere natuurskoonToer datum | 9-17 Maart 2020 |
Vertrekpunt | Garden Court Hotel Hatfield |
Vertrektyd | 06h00 |
Prys | R13745 |
Enkelbybetaling | Op aanvraag |
Deposito | R2000 |
1. Mboyti - 4x4 rit besoek aan watervalle
2. Hole in the wall
3. Bootrit
4. Staproete
5. Ongerepte natuurskoon
Isabel van Zyl
Riekie
Elsabe Roets
Pieter en Ansie
Neels en Ria
Susan Botes
Marina Pieters
Esme van der Walt
Elzette Minnaar Toere is 'n Suid-Afrikaanse toer operateur wat spesialiseer in bestemmings in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zimbabwe vir die 50 plus ouderdoms groep!
Kwaliteit toere teen sakpas pryse
Vriendelike diens van personeel en toergidse
Beste sorg vandat 'n bespreek tot u terugkeer
Kwaliteit akkommodasie en luukse vervoer
Smaaklike maaltye en opvindende uistappies